Dit is partymaal so maklik om ons
eie probleme en uitdagings groter te
ag as die mense om ons s’n.
Hoeveel keer hoor ons nie vir Jan
Alleman “spog” oor sy probleme en
hoe hy moet bontstaan om alles te
hanteer nie. Min wetend dat die
jonger generasie, volgens hulle eie
verwysingsraamwerk, ook “groot”
probleme het wat vir ons dalk
onbenullig lyk.
Makhaira se Young Adult Bediening
erken dat ons jonger generasie unieke
uitdagings het wat menigmaal anders
aangespreek moet word, sonder om
die beginsels in die Woord van God
prys te gee.
Paulus skryf twee baie belangrike
dinge aan Timotheus naamlik:
“Die hele Skrif is deur God ingegee
en is nuttig tot lering, tot
weerlegging, tot teregwysing, tot
onderwysing in die geregtigheid.” –
1 Timotheus 3:16
“Lê jou daarop toe om jou beproef te
stel as ’n werker wat hom nie hoef te
skaam nie, wat die woord van die
waarheid reg sny.” – 1 Timotheus
2:15.
Juis oor hierdie redes is dit belangrik
dat ons sal verstaan dat, maak nie
saak wat die ouderdomsgroep is nie,
die Woord van God die enigste ware
maatstaf is wat konsekwente
antwoorde verskaf oor die oplos van
probleme.
So ook, is dit elkeen van ons se plig
om seker te maak dat ons kennis van
die Woord van God op so standaard
is dat ons TOEGERUS is om God se
dienswerk te doen en ons mede
gelowiges te kan help.
Ons dank die Here vir ’n groep jong
mense in wie Sy Gees ’n honger
geskep het om die Woord te eet en te
verteer.
Blessings
Morné