Anchored Disciples…..
Hoekom juis nou hierdie naam, mag
U dalk wonder!! Wel, dit is eintlik
heel eenvoudig…..
Ons as die Jeug van Makhaira
Gemeente, wil geanker wees in ’n
vaste en soliede fondasie sodat
wanneer die moeilike tye en die
storms van die lewe om ons begin
woed, ons deur hierdie moeilike tye
kan gaan sonder om te val of te
breek.
Die Visie vir die Anchored Disciples
van Makhaira Gemeente, is om jong
mense geanker te kry in Jesus
Christus deur te fokus op die
waarhede soos opgesluit in Sy
Woord.
Ons het heel onlangs die voorreg
gehad om die VEK Park Tabernakel
se Dagkamp vir Jeug by te woon, en
was dit nie wonderlik om te deel met
mede jongmense nie.
Wat ‘n voorreg en seën uit die hand
van God om ‘n Jeug Bediening in
Makhaira Gemeente van die been af
te kry, en ons glo met die Here aan
ons kant sal hierdie bediening tot eer
en uitbreiding van Sy Koninkryk
wees…’n sukses in die Naam van
ons Verlosser en Saligmaker, Jesus
Christus.
Ons wil u aanmoedig om u jong
kinders en tieners te stuur om saam
ons te leer uit die Woord van God
deur middel van pret aktiwiteite,
praise en worship en nog vele meer!!
Onthou – al ons jong mense is die
Kerk van môre, en ons kom elke
Vrydagaand om 18:30 by die kerk
bymekaar.
Liefde in Christus
Vincent & Tenicke