Select Page

Kinder Bediening

8:00AM

Kontak ons vir meer inligting

Kontak Magda

vir enige navrae

Magda

+27 82 607 6031

MAKHAIRA

KINDERBEDIENING

Die Sondagskool van Makhaira

Gemeente is al die afgelope 8 jaar in

werking en deel van die Gemeente.

Klassies was voorheen aangebied op

die boonste verdieping van ons Kerk,

maar ons is dankbaar teenoor die

Here vir ons nuwe gebou wat Hy ons

gegee het om Sy werk voort te sit.

Ons begeerte is om die kindertjies

deur die Woord te onderrig sodat

hulle ’n verhouding met die Here

Jesus kan hê wat hulle in staat sal stel

om in die weë van God te wandel.

In Mattheus 19:14 sê Jesus: “Laat die

kindertjies staan en verhinder hulle

nie om na My te kom nie, want aan

sulkes behoort die koninkryk van

God.”

Visie

Om die kindertjies ambassadeure te

maak vir Jesus sodat hulle altyd ’n

verhouding met Hom sal hê en om

die pad saam ons Hemelse Vader te

stap elke tree wat hulle gee.

Missie

Om deur die leiding van die Heilige

Gees die kindertjies the onderrig in

die Woord van God.

Om die kindertjies se laste deur

gebed te dra.

Om die kindertjies te ondersteun en

te bemoedig om God se wil te soek in

hulle lewens.

Om gehoordaam te wees aan God en

ook Sy roeping op hulle lewens.

Om na ander uit te reik en aan te raak

deur die leiding van die Heilige

Gees.